The Only One
Deur Ingrid Venter
Op die Bottelarypad tussen Stellenbosch en Kuilsrivier gaan jy hierdie pragtige en baie gesellige restaurant met sy sagte rooi stoele,kaggels vir die winter en ‘n pragtige stoep en dam vir die somer, aantref.
Die atmosfeer is gesellig en intiem en die diens uitstekend. Agter die kospotte is Andre, wat ook een van die eienaars is. Hy het al baie ondervinding opgedoen in sy loopbaan wat gestrek het van luukse passasiersbote tot die 5 ster Arabella met nog heelwat tussen in. Die gaste van The Only One pluk nou die vrugte van al die ondervinding.
Op die spyskaart is ‘n wye verskeidenheid van ontbyt [vanaf R30.00] , Broodjies met interessante vulsels, ligte middageters en slaaie en natuurlike die heerlike, nteressante hoofgeregte. Ek het die lambshank met bloukaas kapokaartappels probeer [R95] en dit was uitstaande. Daar was ook die smullekker beesfillet gestop met feta en peppadews.
Die populerste dis op hulle spyskaart is hulle hamburgers. Omdat die patties yslik groot is, maar ook vir die interessante kombinasies en die bekostigbaarheid daarvan. ‘n Mens kan praat van gourmet burgers.
Onder die nagereg moet daar spesiale vermelding gemaak word van hulle sjokolade fondant met tuisgemaakte roomys.
Die lokaal is baie geskik vir funksies en kan binne 60 mense laat sit en buite nog 30. Andre se hulle werk iets uit vir elkeen se begroting.
Hulle doen natuurlik ook spyseniering en nie net plaaslik nie, maar hulle kom na jou toe en dit het hulle al oor die hele land geneem vir die besondere disse wat hulle maak.
Hulle het ook spesiale aande. Dit is baie populer, so dit sal veilig wees om liewer te bespreek.
Maandae is daar 40% afslag op hulle burgers – wat dit ‘n winskoop maak.
Woensdagaande 40% aflsag o alle steak
Vrydagaande 40% afslag op alle voorgeregte.
Gaan besoek hulle gerus, nie net vir ‘n lekker kuier nie, maar ook vir een van die lekkerste [en mooiste] borde kos wat jy in ‘n lang tyd geniet het.
Tel: 021 8652456
In : Familie
