As jy iemand wil beindruk of iemand spesiaal wil bederf  met iets spesiaals, dan is ontbyt by die Atlantic Restaurant, die hoof restaurant by die 5-ster Table Bay Hotel, ‘n uitsekende keuse.

Jou ontbyt begin met Kaapse vonkelwyn met die instapslag. Wit gevoude serviette, mooi breekware in ‘n ruim restaurant wag om die draai. Jy word bederf met pragtige uitsigte oor die hawe en Kaapstad – dit is voorwaar ddie plek om gesien te wees.

Jy kan kies hier tussen die a la carte spyskaart of die ontbyt buffet. As jy lus is vir ‘n besonderse ontbyt dan is buffet die beste keuse. Maar wees gewaarsku -  hiervoor moet jy tyd maak, maar gelukkig word dit bedien  tot 11 uur.

Dit is ‘n reuse ontbyt met verskillede opdien punte. Ons begin met vars vrugte sappe en daar is ‘n wye keuse van appel en spanspek – tot spinasie sap. Mens sal dink dat die sappe genoeg sal wees, maar die die vrugte buffet lyk so fantasties dat ons daar ook stop. Daar is ‘n groot verskeidenheid eksotiese en plaaslike vrugte. Probeer gerus een van die spesialiteite - pere in rooiwyn sous, spanspek in peppermint likeur

Ons besluit om ‘n paar van die onbekende disse te probeer.   Die Conjee sop is ‘n  ryssop met Asiese noodles en is voorwaar ‘n ongewone smaak. Ek probeer selfs oesters want daar is ‘n reuse bak oesters waaraan jy maar kan weglê. Maar besluit die glibberige seekos is nie vir my nie en verkies maar die sushi en die gerookte salm.

Daar is ook die heerlikste  gesonde muesli met seker 10 verskillende neuter om van te kus en keur. Asook ‘n hele mediterieense afdeling ,  soos hummus, domades,  slaaie. Daar is selfs ‘n hele aantal disse vir diabete.

Ek gesels met Jocelyn, die  sjef hier. Sy  kom van Kanada af en het in Frankryk, Kanada en Australie gewerk. Omdat die hotel so internasionaal is,  voorsien hulle ‘ n buffet met internasionale geregte, daar is iets vir almal. Een van Jocelyn se gunsteling Al la carte geregte is Kreef met roereiers en caviar en die dekadent kos net R 140.

Onthou ook om ‘n plekkie te  los vir al die dekadente ontbyt nageregte. Bottermelk pannekoeke met maple stroop en mascarpone cheese, fantastiese muffins en dekadente gebak.  En die wat van ‘n soutigheidtjie hou kan maar ontspan  – daar is ‘n groot versamelng kase en koue vleise ook.

Onthou nou vir die volgende Vadersdag of daardie spesiale verjaarsdag – die Atlantic Restaurant is die plek!

Belangrike inligting:
Ontbyt van 6:30 – 11;00
Moet bespreek – 021 406 5918

- Monique Strydom