Royal Eatery

As jy lus is vir die beste burger in die dorp (en dan praat ek nog nie eers van die milkshakes nie), dan moet jy ‘n draai gaan maak by Royale Eatery in Long Street. ‘n Goeie tyd natuurlik om ‘n draai te gaan maak is tussen 5 en 7 in die middag want dan kry jy nog ‘n burger teen halfprys ook!
Ons beland hier op ‘n Saterdag oggend en die restaurant is klaar gepak (dankie tog vir ons “reserved” teken want ons is so honger soos leeus!). En jy moet omtrent die eetlus he van ‘n leeu om een van die vele burgers (hier is meer as 60 kombinasies om van te kies!) op te eet. Ons maak natuurlik die fout en bestel elkeen summier ‘n groot milkshake – en soos alles hier, is dit GROOT! Met net so groot verskeidenheid bestel elkeen ‘n ander geur sodat ons almal kan proe. Dit is van strawberry met mint, tot expresso tot die piesang en grondboontjiebotter wat geproe word. Almal is dit egter eens dat die piesang met grondbootjiebotter (so erg dit mag klink vir sommige), die heel beste milkshake is!
Ons keuse van burgers is net so verskillend. Ek probeer die Sweet Petunia (wat toevallig die eienaar, Sacha, se bynaam is – so deur sy pa vernoem!). Pablo (die visburger) is ook op ons tafel se lysie en dan vir die vegetarier onder ons, die Googamooly (met chickpeas, soya, lensies, sonneblom saad, hummus & guacamole). Nog ‘n bietjie goeie raad – moet jou nie dadelik vergryp aan al die bykosse nie! Dit is nou een of almal uit ‘n keuse van slaai, soet patats, skinny fries (dis nou nie vir die wat op dieet is nie!) en aartappel wiggies. Ons maak die fout en teen die tyd dat ons by die burgers kom, bars ons uit ons nate, mae en klere!
As jy gewonder het oor al die interressante name van die burgers – elkeen het sy eie, besonderse storie! Pablo (die visburger) is vernoem na ‘n karwag, Pablo, wat in die straat gewerk het. Ons wonder almal na wie die Fat Bastard burger vernoem is! Die burger is vir die manne wat baie, baie en baie eet, met alles dubbel vleis, spek, eier, kaas en kilo’s (Vergeet ek het dit gesê!).
Ons hou veral ook van die gevoel van Royal Eatery, dit lyk nie soos ‘n gewone burger “joint” nie, maar het ‘n eie unieke karakter. Ons ontdek dan ook dat bo die Royal Eatery nog ‘n paar lekker kuierplekke is. Die Royal Kitchen is in die aan oop (dan eet jy “Mama” se kos) en op die boonste vlak is die plek waar die jong mense dans en kuier.
Natuurlik moet ons bysê dat selfs bekendes soof Salma Hayek en Scaret Johanson hier uithang – en een of ander famous TV talkshow host (en niemand kan onthou wie nie!) het gesê dat hierdie die beste burgers is wat hy in sy lewe al geëet het!
Well done, Suid Afrika en glo my, as jy hier wegstap, gaan jy dalk sê “burgers, rugby en sonskyn” – wie wil nou braai en bier drink!!!!
Vir meer inligting :
021 422 4536
273 Long Straat, Kaapstad
Ure : Maandag – Saterdag 12 tot 11.
- Monique Strydom
In : Amerikaans
