PISTACHIO

Deur Ingrid Venter
Wanneer jy die restaurant binnestap word jy sommer dadelik weggevoer na Frankryk in die vroee 1900. Hier kry jy Franse elegansie op sy beste. Dit maak dit natuurlik die ideale restaurant vir ‘n romantiese ete of ‘n spesiale herdenking.
Die omgewing is elegant en die atmosfeer rustig.
Die spyskaart is deels Frans maar die eienaar beskryf dit eerder as Fusion.
Daar is soveel heerlike voorgeregte om van te kies dat dit moeilik is.
Daar is die aanloklike slakke in t blou kaas en sjampanje sous. Die slakke is ingevoer van Frankryk. As hoofgereg het ons moelik gekies tussen die Fish De Jour, die lamshank of hulle baie populere porkbelly. Daar is ook die heerlike eend met lemoensous en gevulde hoenderborsies.
Nagereg was ‘n ervaring met smelt in die mond sjokoladekoek en crepe suzettes.
Hulle wynlys het ook al toekennings ontvang en verdien spesiale vermelding. Die eienaar het ‘n studie van etlike maande gedoen met die samestelling van die wynlys.
Sakemanne ka nook daarheen gaan vir ‘n lekker vinnige en as hulle wil, ligete, middagete
Die pryse is bekostigbaar en behoort jou nie te veel terug te sit nie.
25 Kerkstraat Durbanville
Tel: 9792586
In : Frans
