Posted by Monique Strydom on Sunday, March 20, 2011 In : Kurds

As jy nou lus is vir ‘n anderse tipe restaurant waar jy jou skoen kan uittrek en plat op die grond kan sit en net lekker kuier dan moet jy Mesopotamia hoog op jou lys sit.
Mesopotamia is die eerste Kurdse restaurant in SA en Baran, die eienaar, is een van min Kurde in Suid Afrika. En neem kennis, die Kurde het ‘n fasinerende geskiedenis. Daar is so 20 milloen Kurde en hulle is die grootste etniese groep in die wêreld wat nie hulle eie nasie en land het nie. Tans woon hulle in ‘n ar... Continue reading...
Posted by Monique Strydom on Sunday, March 20, 2011 In : Italiaans

Ons bevind ons daar by die Italiaanse Klub in Milnerton wat ook die tuiste is van een van die beste Italiaanse restaurante in Kaapstad, Fratelli Palmieri. Die restaurant word besit deur twee broers Paolo and Marco Palmieri. En dit is voorwaar ‘n Italiaanse fees, die ontvangs, die ambiance, die musiek, die kos en die gees! Een van my gaste sê so ewe dat dit vir haar voel of ons ‘n Italiaanse troue ge”gate crash” het.
Tony, die bestuurder, is ook ons gasheer en ons besef vinnig hoe ... Continue reading...
Posted by Monique Strydom on Sunday, March 20, 2011 In : Familie

“Life is uncertain – eat dessert first” is eerste ding wat ons op die spyskaart by die Blue Water Cafe lees en ons is “sold”!
Die kafee is een van die veel redes om by Imhoff plaas te gaan kuier. Dit is nie net geleë in die ou historiese plaasgebou nie, maar is die skepping van eienaars, Rael & Graham – wat die baie bekende River Cafe in Constantia begin het. Hulle is nie net passievol oor hulle kos nie, maar ook om hulle kliente gelukkig te hou.
En hier is almal geluk... ? Continue reading...
Posted by Monique Strydom on Saturday, February 5, 2011 In : Indies

As jy lus is vir ‘n besonderse maal, dan moet jy gerus ‘n draai gaan maak in Kaapstad middestad by die 5-ster Taj Hotel. Die hotel is geleë in die ou Reserwe Bank gebou en is wonderlike kombinasie van oud en nuut. Nog voordat jy by die deur instap, voel jy al soos ‘n BBP as die valet vinnig nader hardloop om jou kar vir jou te gaan parkeer. Hierdie gevoel word nog intens as jy by die Bombai Brasserie instap. Elgant, luuks met ‘n ou koloniale gevoel. Die restaurant se mure is besl... Continue reading...
Posted by Monique Strydom on Saturday, February 5, 2011 In : Afrika

Wanneer jy die eerste keer by Arnolds gaan eet is die kans goed dat jy iets gaan eet wat jy nog nooit vantevore geeet of gedink het jy sal eet nie.
Onder die afdeling “Taste on the Wild Side” kry jy geregte soos: Springbok Shank Grilled Warthog Ribs Crockodile Ribs Gemsbok Sirloin Volstruis Fillet
Of n baie amper oordadige Game platter met n verskeidenheid van 4 van die bogenoemde. Arnold is bekend vir sy wildsvleisgeregte en dit word heerlik voorberei en net so mooi voorgesit. Die porsies i... Continue reading...
Posted by Monique Strydom on Saturday, February 5, 2011 In : Familie

Die Bamboo restaurant is by uitstek ‘n kuierplek. Die dekor is gesellig, maak nie saak of jy kies om binne of buite te sit nie. Binne is gerieflike sitplek, mat ‘n groot kaggel vir die koue dae. Buite egter, word jy deel van die omgewing van die pragtige kwekery waarbinne die Bamboo Restaurant gelee is. Die kinders kan rondbeweeg en daar is ook ‘n pragtige speelplek vir die kleiner kinders. Op warm somerdae word ‘n heerlike fyn misreen aangeskakel om jou af te koel.
Die per... ? ? Continue reading...
Posted by Monique Strydom on Monday, January 10, 2011 In : Cafe

Ons word welkom geheet by die Shoreline Café deur Zefferino Fransisco - ‘n boorling uit Brasilië wat sy hart verloor het op ‘n Italiaanse Suid-Afrikaanse meisie. Zeff, soos sy vriende hom noem, is ‘n uitstekende gasheer. Hy maak seker dat ons ‘n tafel op die dek kry met pragtige uitsigte op die hawe en Tafelberg. Dit is natuurlik ‘n tafel vanwaar jy al die aksie kan gadelaan, van die span roeiers wat ernstig by ons verby vaar (of eerder spoed), tot die lui rob (meer ons tipe) wat... Continue reading...
Posted by Monique Strydom on Monday, January 10, 2011 In : Afrika

As jy nou lus is vir dekadente Afrika kos het, of oorsese besoeker ‘n hele aand se “Afrika” pret wil gee, dan moet die Gold Restaurant hoog op jou lys sit. Want hier word jy voorwaar soos ‘n iemand met blou bloed behandel. Wel, sommer met die aankoms voel dit al asof jy by die koningin gaan eet met die pragtige ingang! Moet ook nie skrik vir die sekuriteitswagte nie, want die Museum of Africa Gold is ook in die gebou. En dit is natuurlik ‘n heerlike manier om die aand te begin, ... Continue reading...
Posted by Monique Strydom on Monday, January 10, 2011 In : Amerikaans

As jy lus is vir die beste burger in die dorp (en dan praat ek nog nie eers van die milkshakes nie), dan moet jy ‘n draai gaan maak by Royale Eatery in Long Street. ‘n Goeie tyd natuurlik om ‘n draai te gaan maak is tussen 5 en 7 in die middag want dan kry jy nog ‘n burger teen halfprys ook!
Ons beland hier op ‘n Saterdag oggend en die restaurant is klaar gepak (dankie tog vir ons “reserved” teken want ons is so honger soos leeus!). En jy moet omtrent die eetlus he van ‘n lee... Continue reading...
Posted by Monique Strydom on Friday, November 19, 2010 In : Frans
 As jy gedink het Noordhoek is net te vêr om te gaan besoek, wil ons vir jou vandag eet goeie rede gee om in jou kar te klim en te gaan – die Foodbarn. Moet nie verbaas wees nie, want so doodgewoon die naam klink, so dekadent is die kos. Franse fusion met Suid Afrikaanse geurtjie, is hoe ons dit beskryf.
As jy Frans hoor dink jy onmiddelik aan “fine dining” met sagte musiek en rustige ondertone, en moet nie ‘n fout maak nie, hier is ‘n bietjie van dit in die aand, maar een van d... Continue reading...
| |