Posted by Monique Strydom on Thursday, September 1, 2011 In : Afrika
Sommer so vlak in Kayamandi, net so voor Stellenbosch, gaan jy vir Amazink aantref met sy vriendelike eienaar en ook gasheer, Loyiso of tewel, Roots , soos hy genoem word deur die gemeenskap.
Amazink was ‘n lekker verassing. Netjies, skoon, lekker kos en ‘n ontspanne “happy” gevoel. Die tafels is mooi geskilder deur studente, daar is sitplek binne en buite met ‘n lieflike area buite onder ‘n tentdak waar ek sommer kon sien – al lekker konserte gehou is. Hulle was ook juis k... Continue reading...
Posted by Monique Strydom on Monday, June 13, 2011 In : Etihopie
 Addis in Cape is 5 jaar gelede begin deur die pragtige stylvolle Senait. Sy het reeds die baie suksesvolle Addis in Dar en sy het so lief geword vir SA met sy mengelmoes van kulture dat sy besluit het om nog ‘n tak hier te kom oopmaak.
Jy gaan die interessante restaurant kry in nr 41 Kerkstraat waar dit ook uitkyk oor die bekende Longstreet. Die dekor binne bestaan uit die kultuur van Etihopie – van die interessante ronde tafel tot die klein stoeltjies waarop jy sit –sommer so naby d... Continue reading...
Posted by Monique Strydom on Monday, June 13, 2011 In : Familie
Die Devon Valley Hotel is rees 64 jaar oud en ‘n inselling in Stellenbosch. Die ouer garde sal dit veral onthou vir die populere Vrydagaand Dinner en Dance aande.
Die Hotel behoort tans aan die Louis groep en die restaurant is van hoek tot kant oorgedoen in 2008. Die binnekant is elegant en stylvol. Jy kan egter ook buite op die stoep sit en die lieflike Stellenbosch weer en die asemrowende uitsigte geniet. Op ‘n mooi dag kan jy tot by die see sien. Op ‘n Woensdag en Vrydagaande word... Continue reading...
Posted by Monique Strydom on Thursday, June 9, 2011 In : Steakhouse
 Noordelike voorstede inwoners het rede om te juig en daardie rede se naam in Knife. Knife is “upmarket” restaurant, met fantastiese kos, pryse wat elke sak sal pas en ‘n oop deur vir kinders. Iets wat mens glad nie sal verwag in die omgewing van die Crystal Towers Hotel nie.
Eienaar Ed, wat self ook ‘n pa is, verstaan dat baie ouers kwaliteit kos dikwels moet prysgee omdat hulle na meer kindervriendelike restaurante moet gaan. Ed sê ook by Knife is daar geen regulasies nie, mens... ? Continue reading...
Posted by Monique Strydom on Thursday, June 2, 2011 In : Cafe

Vandag moet ek tot my skaamte erken dat ek al vir vier jaar lank in Tygervallei inkopies doen en nooit geweet het van hierdie oulike familie restaurant met die naam Green Valley Restaurant. En die oulike restaurant sal jy ontdek daar agter in Stuttafords en is groot verrassing as jy daar instap. Dit voel kompleet soos Griekse "village square", klomp tafeltjies tot dit dak is geverf met wolkies.
Die lekker ding van Green Valley is dat hulle jou toelaat om te eet waarvoor jy lus is want hulle ... Continue reading...
Posted by Monique Strydom on Thursday, June 2, 2011 In : Grieks
Onthou jy dalk nog die ou Zorba Restaurant hier vanuit die 70tigs?
Ja, Theodorus Vouiatzis is ‘n ware ikoon in Kaapstad en met sy 40 jaar ondervinding in die gasvryheidsindustrie kan sy nuwe Zorbas niks anders wees as baie spesiaal nie.
Sommer so ‘n klipgooi van die monding van die Milnerton Lagoon sal jy hierdie pragtige restaurant kry met sy stylvolle dekor wat vir jou ‘n meditereense gevoel gee. Die kleure is vars, tog sag en warm en alles is van die hoogste gehalte en stylvol byme... Continue reading...
Posted by Monique Strydom on Thursday, June 2, 2011 In : Seekos
As jy die pragtige reataurant binnestap weet jy sommer hier gaan jy lekker kuier. Die uitsig oor die see is spesiaal, maar nog meer spesiaal is Tafelberg wat oor jou uittroon en dit voel of jy net jou hand kan uitsteek en aan hom raak. Bietjie later in die aand lig hulle die sonskerms en kan jy die volle glorie van die sonsondergang geniet. Geen wonder hierdie restaurant is so gewild vir troues en allerhande ander funksies nie.
Ons is hartlik ontvang deur Simon, die bestuurder aan diens, en... Continue reading...
Posted by Monique Strydom on Thursday, June 2, 2011 In : Peruviaans

Ek vind my vandag by ‘n baie bekende internasionale model, wat ‘n restaurant begin het wat enig in sy soort is in Afrika en hy is mal oor Suid Afrika! German De La Melena, wat van Peru kom vertel dat hy al reg oor die wereld gewerk en gewoon het, maar dat Kaapstad sy gunsteling stad is en dit is hoekom hy sy restaurant, Keenwa, hier oopgemaak het. Die hele doel van Keenwa is om bietjie van sy erfenis met die mense van Suid Afrika te deel.
Peru is die land waar mens een van die sewe Men... Continue reading...
Posted by Monique Strydom on Thursday, June 2, 2011 In : Ontbyt

As jy iemand wil beindruk of iemand spesiaal wil bederf met iets spesiaals, dan is ontbyt by die Atlantic Restaurant, die hoof restaurant by die 5-ster Table Bay Hotel, ‘n uitsekende keuse.
Jou ontbyt begin met Kaapse vonkelwyn met die instapslag. Wit gevoude serviette, mooi breekware in ‘n ruim restaurant wag om die draai. Jy word bederf met pragtige uitsigte oor die hawe en Kaapstad – dit is voorwaar ddie plek om gesien te wees.
Jy kan kies hier tussen die a la carte spyskaart of... Continue reading...
Posted by Monique Strydom on Thursday, June 2, 2011 In : Seekos
Met die wit, seegroen en blou dekor is die gevoel die van die oseaan en al sy beloftes. Aqua, voorheen bekend as The Tank, is splinternuut oorgedoen. Dit is stylvol en die ambiance is die van rustigheid.
Dit is nou net waar mens die fout mag maak, want die restaurant is slim gebou, met ‘n kuierarea waar daar oor naweke kustenaars optree en jy net lekker kan sit en ietsie drink en dalk ietsie ligs eet. Jy kan binne sit en jou verkyk aan die reuse vistenk met sy baie kleurvolle visse of jy... Continue reading...
| |