Deur Ingrid Venter

By die Mezbaan Restaurant in die Hilton Hotel voel dit asof jy aansit by ‘n eetplek reg uit Noord Indie.  Die dekor is pragtig, stylvol, die spyskaart vol interessante geregte so reg uit Noord Indie, met ‘n Chef wat al sy kunsies ook daar geleer het.

Chef Mohammed het ons inderdaad bederf met ‘n keur van geregte van sy spyskaart.
Die spyskaart is onlangs nuut saamgestel met geregte wat jy nie sommer elders gaan opspoor nie.  Daar is die bekende geregte soos Butterd Chicken en Biryani, maar dan het hy ook ‘n hele klompie ander lekkernye opgetower.

Die lekkerte van Noord Indiese kos is dat dit binne die smaak van die meeste mense val. Hulle vra jou hoe sterk jou kos moet wees en hulle doen dan net soos jy versoek. Dit was ‘n kwaliteit waarvan ek baie gehou het, want ek hou van “mild”, maar my een gas hou van “hot” en beide van ons het lekker geeet.

Ons het ook indie kombuis gaan inloer. Soveel van netheid en goeie organisasie het ek lanklaas gesien.  En met ‘n Chef wat so trots is op sy kombuis en sy geregte,  kan jy nie anders as om iets besonders te verwag nie.

Die ander groot verassing van die aand was die prys. Met die nuwe spyskaart is – kan jy dit glo – pryse afwaarts aangepas.  Hulle wil nie he mense moet skrik as hulle hoor die restaurant is gelee in ‘n 5 ster hotel nie – mens kan mos dan half dink dit is nie binne jou begroting nie. Hulle poog om dit ‘n restaurant te maak waar Kapenaars gereeld sal kan kom eet.  Dit is ook moontlik met voorgeregte van af R30 en hoofgeregte vanaf R80.

Van die geregte wat spesiale vermelding verdien was die lamb biryani – gemaak van groen Indiese spesrye.  Daar kom ook geen lensies in soos ons gewoond is nie.  Die biryani word in lae gepak in ‘n pragtie koperpotjie en kry ‘n gebakte kors bo oor.  Die opdiening is besonders.  Ook was die spicy mango chicken iets besonders asook die leg of lamb met fresh tamato, red onion, chilli, mint danhia, ginger – served on savoury rice.

Daar is nog ‘n groot verskeidenheid geregte om van te kies asook brood en rys wat daarmee saam gaan.  So tussen die geurige smake deur het ons ook geteug aan heerlike mango lassie.

Nagereg kan nooit nagelaat word nie. Ons het rasmalai probeer.  Dit is cottage cheese dumplings – geposjeer en bedien in ‘n saffraan melk sous – heerlik soet en anders.

Vir ‘n eetervaring kan jy hulle gerus gaan besoek .  Vanwee die baie kompeterende mark streef hulle na uitmuntendheid en kry dit goed reg – en dan is dit nog bekostigbaar oor. 

Tel:  481 3700, nr 126 Buitengracht str Kaapstad
www.1.hilton.co.za