Knife Restaurant

Noordelike voorstede inwoners het rede om te juig en daardie rede se naam in Knife. Knife is “upmarket” restaurant, met fantastiese kos, pryse wat elke sak sal pas en ‘n oop deur vir kinders. Iets wat mens glad nie sal verwag in die omgewing van die Crystal Towers Hotel nie.
Eienaar Ed, wat self ook ‘n pa is, verstaan dat baie ouers kwaliteit kos dikwels moet prysgee omdat hulle na meer kindervriendelike restaurante moet gaan. Ed sê ook by Knife is daar geen regulasies nie, mense moet hierna toe kom om dit te geniet en te kuier en hulle kan maak tot laat in die nag kuier!
Wat Knife so besonders maak is dat dit ‘n “smoke house” is. Moet nie skrik nie – ek praat van die vleis nie die mense nie. Die restaurant het sy eie rook systeem en hier word ribbetjies gerook vir daardie spesiale smaak. Ribbetjies is dus ook wat jy hier moet eet. Ed vertel dat ons Suid Afrikaners nie altyd verstaan wat goeie ribbetjies is nie. Volgens hom moet dit so tussen jou tande vassit. Hy vertel ook met ‘n glimlag dat jy nie moet ribbetjies eet op ‘n eerste “date” nie! Maar gelukkig kan jy weglê hier want die ribbetjies kom kompleet met ‘n plastiese voorskoot en ‘n lemoengras waslappie om jou so skoon moontlik te hou!
Ed is ook baie trots op die baie goeie kwaliteit Chalmar vleis wat hy van Gauteng invoer. Daar leer ek toe nou ook iets oor vleis – en weet as jy Chalmar sien, jy kan regmaak vir ‘n sappige stuk vleis. Ek vat ‘n happie uit my man se bord en wonder hoe ek volgende keer gaan kies tussen ribbes en “steak”!
Die nie-vleiseters hoef nie te bekommerd te wees nie. Daar is ‘n wonderlike beet met gerookte bokmelkkaas voorgereg, asook ‘n smaaklike Chickpea burger om van te kies.
Met ‘n joviale eienaar soos Ed, kan jy verseker joviale geregte ook verwag. Ed se gunsteling stad is New Orleans en dit is hier waar die Koningsgarnaal Gumbo met sy Louisianne creole smaak vandaan kom. Ons is dus ook nie verbaas om ‘n Key Lime Pie op die nageregspyskaart te sien nie – en hierdie een smaak selfs beter as een wat ek op die Karibiese Eilande geproe het! Moet ook nie die dekadente Rocky Road nagereg met roomys, marshmallows, neuter en donker sjokolade mis nie! Jy gaan nog lank oor die een droom.
Omdat Ed graag families by sy restaurant wil ontvang is hy baie bewus van pryse en spesiale aanbiedinge. ‘n Bord van daardie heerlike gerookte ribbetjies sal jou so R 110 kos. Dan beplan hy ‘n wonderlike “brunch” ervaring vir die hele familie. Ongewone disse soos die Britse “bubbles en Squick” sal jy vind op sy spesiale ontbyt spyskaart. In die week kan jy wegkom met ‘n middagete van onder R50 en dit sluit onder meer ‘n Knifes Bagel of lekker slaai in met koffie of ‘n drankie.
So as jy wonder waar die familie bietjie kan gaan kuier vanaand – probeer Knife vir ‘n lekker kuier wat jou nie baie gaan kos nie!
Vir meer inligting besoek www.knife-restaurants.co.za
- Monique Strydom
In : Steakhouse
