Keenwa Restaurant

Ek vind my vandag by ‘n baie bekende internasionale model, wat ‘n restaurant begin het wat enig in sy soort is in Afrika en hy is mal oor Suid Afrika! German De La Melena, wat van Peru kom vertel dat hy al reg oor die wereld gewerk en gewoon het, maar dat Kaapstad sy gunsteling stad is en dit is hoekom hy sy restaurant, Keenwa, hier oopgemaak het. Die hele doel van Keenwa is om bietjie van sy erfenis met die mense van Suid Afrika te deel.
Peru is die land waar mens een van die sewe Mensgemaakte wonders van die wereld kan vind, Machu Pichu, antieke stad. En dit is juis van die antieke Inkas waaruit die restaurant, Keenwa, gebore is. Keenwa was ‘n stapelvoedsel van die Inkas en vandag nog van die plaaslike mense.
Die gesondheidsbewustes sal Keenwa ken, want dit is 'n baie gesonde graan wat eintlik net protiene is. German vertel ook dat die mense van Peru vir lank baie snobisties was oor Keenwa – gedink dit is vir die armes en toe eerder gewone rys saam met hulle kos geeet. Maar vandag baie anders want almal besef hoe goed keenwa is. Vandag beskou as ‘n "superfood"
Keenwa het 'n baie interressante spyskaart. Buiten Keenwa is aartappel 'n baie belangrike bestandeel in Peruviaanse kos. German vertel dat daar meer as 3000 aartapple varietyte is in Peru. Die disse met aartappel is ook super kreatief (siende dat ons nou so oor die supers praat!).
Blykbaar kan mens groot internasionale invloede in die tradisonele Peruviaanse disse sien. Veral die ou Europese lande. Daar is bietjie Spaans, bietjie Portugees en dan lig German ons ook in dat Peruviaanse kos die derde gewildste kos in die wereld is - dis nou na Spaans en Chinees!
Ons besluit om van alles te proe en Germaan stel drie verskillende voorgerete voor. Die eerste is Ceviche wat baie tradisioneel is en een die sjef (wat ook Peruviaans is) se "signature dish". Die Ceviche is rou vis met uie en chilli wat dan in suurlemoen laat le word. En hulle se die suurlemoen kook die vis. Ek is bang ek gaan nie daarvan hou nie – maar dit was wonderlik verfrissend! Die suurlemoen sap wat oorbly van die gereg is baie gesog. Hulle noem dit Tiermelk in Peru en blykbaar gooi hulle die sous af as hulle die vis bedien en jy drink dit om jou lewer en niere skoon te maak.
Die ander hoogtepunt by die voorgeregte is die Sjef se dis Crouquets De Cangejo – Krap en kreef crocette gemaak met keenwa buite in ‘n sout grendella sous.
Ons word bederf met 'n verskeidenheid hoofgeregte ook. Die Loco Con Camarones )Garnaal, butternut & aartappel bredie) het German as 'n kind geeet en sy sjef wou dit aanvanklik nie maak nie, tot hy ontdek het hoe die gaste dit geniet! Die vegetariers sal bly wees om te weet dat baie van die disse vegetaries voorgesit kan word.
My gunsteling hoofgereg is die Aji De Gallina, Stukkies hoender in ‘n effe warm room sous, biedien bo op aartappel. Dit is heerlik en smaaklik! Nog 'n interressante dis is die LomoSaldado en dit kinders gaan hiervan hou. Dit is repies vleis gebraai in soya sous en gemeng met egte "slap chips"! Nog gunsteling met die kinders (en ons ook!) is die tuisgemaakte lemonade. Dit is so lekker want hulle doen dit met lemmetjie nie suurlemoen nie.
Om af te sluit moet jy die Suspir A La Limen nagereg probeer. Dit is die Spaans vir "die sug van Lima". Die nagereg is geskep deur 'n vrou uit liefde vir haar man en mens kan omtrent iemand se hart steel met die dis gemaak van kondensmelk/karamel dekadensie met Italiaanse meringue (gemaak van kaneel en port) bo-op!
Die pryse is net so gemaklik op die beursie. Voorgereg is hier by R 45 rond en die hoofgeregte wissel so van R 75 – R100.
Keenwa is elke aand oop behalwe Maandag en in die week in die middae ook.
Vir meer inligting besoek gerus www.keenwa.co.za
Of skakel German by 021 419 2633
Luister na die Kosklets program oor Keenwa...
- Monique Strydom
In : Peruviaans
