Italiaans by Borusso's Pizza & Pasta

KOSKLETS PROGRAM 1 (7 Oktober 2010)
Chaio! As jy soos ek is en mal is oor Italie en Italiaanse kos, dan moet jy ‘n draai gaan maak by Borruso’s Pizza & Pasta in Rondebosch. Die lekker kuierplek lyk soos ‘n egter familierestaurant uit Italie. Die atmosfeer hier word geskep deur die interessante groepe mense wat almal een ding in gemeen het – lekker eet! Hier sien ons gesinne wat lekker lag, paartjies wat kaart speel, rugbygeesdriftiges wat verkies om rugby op die groot skerm te kyk.
As jy agter die skerms inloer, sal jy sien hoe ernstig die manne is op regte, egte pizzas uit te rol. Hierdie restaurant maak die egte dun basis pizzas wat mens in Italie kry. Ek is nou nie ‘n groot pizza eter nie, maar twee pizzas van my oog. Een van hulle is nie op die spyskaart nie, maar op die “Sjefs Special” swartbord spyskaart. “Walnuts, brie, pear and rocket” klink vir my na ‘n wonderlike, kreatiewe kombinasie – en ek proe ‘n stukkie by Adri wat saam met my kom eet het. Sjoe – dit is heerlik. Die ander een is die hoender, brie, gekaramaliseerde uie met Cranberry Jelly. Daar is ‘n pizza vir elke smaak – net op die spyskaart is daar meer as 20 om van te kies.
Hier is ook heelwat pastas vir die wat soos ek pasta bo pizza verkies. Ek lê weg aan die heerlikste Spagetti Bologanaise wat ek in ‘n lang tyd geproe het. Terwyl ek so lekker eet beplan ek wat ek gaan bestel as ek weer kom – Crema Cozze, paste in ‘n Mossel, spek, olywe en knoffel en room wit wyn sous!
Hierdie is ‘n familierestaurant, so daar is ook klein pizza vir die kleingoed. Luc eet ‘n Hawaiian – wat hy ook verslind sonder ‘n woord.
Ek is effe terleurgesteld toe ek nie die bekende Tiramisu op die spyskaart sien nie, maar my keuse van poeding maak spoedig op vir die terleurstelling. Die “Banana Flambe” is so indrukwekkend dat my die tafel langs my onmiddelik wil weet wat dit is en sommer vir julle ook bestel.
Die diens wat uitstekend. Ons kelner het so baie geduld met al die bestellings van die kinders dat ek hom sommer wil huis toe vat as ‘n “baby sitter”! Die wynlys gaan nie noodwendig die wynliefhebbers beindruk nie, maar teen R15 ekstra is jy welkom om jou eie wyn saam te bring.
Pryse hier is baie bekostigbaar. Kinderpizzas begin by R30, terwyl pizzas wissel van R 40 tot R 80, met ‘n gemiddelde prys van R 65. Pasta wissel tussen R 38 tot R 68 (seekos pasta). Met die goeie pryse en kwaliteit kos, kan mens amper elke week hier eet!
Restaurant:
Borrusos’s Pizzan & Pasta
92 Campground Rondebosch
021 689 1756
Tye:
5:00 – 10:30 daagliks (geen besprekings)
In : Italiaans
