Vandag moet ek tot my skaamte erken dat ek al vir vier jaar lank in Tygervallei inkopies doen en nooit geweet het van hierdie oulike familie restaurant met die naam Green Valley Restaurant. En die oulike restaurant sal jy ontdek daar agter in Stuttafords en is groot verrassing as jy daar instap. Dit voel kompleet soos Griekse "village square", klomp tafeltjies tot dit dak is geverf met wolkies.

Die lekker ding van Green Valley is dat hulle jou toelaat om te eet waarvoor jy lus is want hulle spesialiseer in buffet en selfhelp.  So as jy nou daar aankom vat jy jou skinkbord en gaan kies wat jy wil eet.

Ons het met ontbyt daar aangekom en sommer dadelik besluit dat ons nie vir die gewone spek en eiers gaan val nie, maar eerder vir al die ander lekker dinge sos frikadelle, ‘n viskoekies en regte aartappel "mash" geeet.

Dit alles natuurlik onder die wakende oog van Stella, ons baie gasvrye gasheer wat net wil he ons moet nog inskep! En dit is ook Stella wat vir ons die heerlikse Griekse Melktert aandra! Wat sy vir ons vertel is baie gesond - en ons glo haar sonder om daaroor te dink!

Stella se daar is mense wat elke dag daar by haar kom eet. En dit het natuurlik te doen met die heerlike tuisgemaakte kosse, die baie baie billike pryse en ek hoor toe ook die koffie, want 'n dame by die tafel langs ons bevestig dat dit die beste koffie in die area is!


Green Valley is seker een van die min plekke waar jy nog ‘n groot ontbyt eet vir so R38. Maar vir my is die beste waarde vir geld hulle Sondag buffet. Dit kos net R 81 en dan is daar 'n elle lange lys van kosse wat voorgesit word, van bobotie tot bredie, vier groentes, slaaie en ook die baie gewilde penskerrie. Stella se hulle het dit een Sondag nie op die buffet gehad nie en toe vind hulle uit mense kom net daarvoor hier by Green Valley eet. Nou is dit verseker elke Sondag op die buffet! Daar is ook lekker familie poedings vir nagereg - en moet nie vergeet van al die dekadente koeke nie!

Nog 'n ekstra bonus waarvoor Green Valley bekend is is dat jy hier sommer 'n groot bak lekker kos vir aandete kan bestel. Dit kos so ongeveer R 250 en dan is dit 'n groot bak lasagne, bobotie, mousakka - of waarvoor jou familie ookal lus is.

As jy lus is vir egte "home cooking" en wonderlike gasvryheid, gaan kuier gerus by Stella daar by Green Valley Restaurant.

Vir meer inligting druk hier....  

Luister na die Green Valley Kosklets program....

- Monique Strydom