Gold Restaurant

As jy nou lus is vir dekadente Afrika kos het, of oorsese besoeker ‘n hele aand se “Afrika” pret wil gee, dan moet die Gold Restaurant hoog op jou lys sit. Want hier word jy voorwaar soos ‘n iemand met blou bloed behandel. Wel, sommer met die aankoms voel dit al asof jy by die koningin gaan eet met die pragtige ingang! Moet ook nie skrik vir die sekuriteitswagte nie, want die Museum of Africa Gold is ook in die gebou. En dit is natuurlik ‘n heerlike manier om die aand te begin, moet ‘n begeleide toer deur die museum (kompleet met ‘n glasie sjampanje vol goudvlokkies – jy sal enige iemand hiermee beindruk!).
As die dromme begin roep moet jy aanbeweeg want hier moet jy “werk” vir jou aandete. Gaste word genooi om deel te neem aan ‘n Afrika dromslaan sessie! Na ‘n goeie halfuur is jy omtrent behoorlik honger en so moet jy wees, want aandete bestaan uit ‘n hele 14 gange!
Al die geregte kom uit al die dele van Afrika , so hier ervaar jy voorvaar ‘n Taste of Africa! Ons voel nogal die druk toe ons sien ons moet so baie eet, maar gelukkig is dit alles klein tipe tappas porsies en tog te smullekker! Ons eetervaring begin in die Kaap met egte roosterkoek en gerookte snoek pate, asook ertjie en aartapple samoesas met (eg Suid Afrikaans!) Mrs Bols se blatjang.
Teen die tyd is almal al vrolik en is dit tyd vir een van die vele vermaaksessies van die aand. Tydens ons besoek was dit die Pulse of Mali vertoning, met baie dans, sing en natuurlik die reuse poppe wat al die oorsese gaste in bewondering het. Op die stadium moet ek net noem dat ons die enigste Suid Afrikaners is in die restaurant met sy twee vlakke en romantiese binnehof!
As die laaste dromme verdwyn lê ons weg aan beef sosaties met rooibos appelkoos en gaan maak ‘n draai in Namibië met ‘n smullekker Namibiese wildspastei. Een van my persoonlike gunstelinge, die Morokaanse Hoender tagine si ook op die spyskaar en dit word bedien met ‘n Wes Afrika pampoen met tamatie en kokosneutroom. Ons is amper bly toe ons darem iets bekends hier op die einde van die spyskaart sien – lekker stywe pap voorgesit met verouderded kaas. Daar is skaars genoeg plek vir nagereg en my gunsteling is die Egiptiese Amandal basboosa.
Bedags verander die restaurant in ‘n koffie winkel wat ligte etes bedien, wat sommige van die geregte hierbo insluit.
Teen R 250 per kop is hierdie nie ‘n goedkoop opsie nie, maar in ag geneem die fantasties kos en ongewone ervaring is dit elke sent werd! Moet nie wag vir jou oorsese besoekers om hier te gaan eet nie – maak seker jy gaan besoek jou eie kontinent!

Meer inligting:
www.goldrestaurant.co.za
Tel: 021 412 4653
Strand Straat Kaapsta
- Monique Strydom
In : Afrika
