Deur Ingrid Venter

Gelee in 84 Longstreet is ‘n Tapas Restaurant met ‘n verskil. Mens kan dit amper Fine Dining Tapas noem.
Die interieur is keurig en smaakvol en ingerig vir lekker kuier rondom heerlike Tapas en ‘n glasie wyn.

Die oorsprong van Tapas is onseker.  Sommige se dit kom van die Spaanse Koning Alphonso wat baie siek was en toe geadviseer is om meer en kleiner etes te neem. Dit het hom soveel beter laat voel dat hy besluit het sy hele koninkryk moet maar daarmee inval.   Die mees algemene storie se egter dit kom uit die dae van die begin van Tavernas waartydens die glas wyn met ‘n bord bedek is met ‘n klein happie op om te keer dat die vrugtevliee nie daarin val nie.  Die eetgoedjies het egter so gewild geword dat mense na die taverne gegaan het oor wat daar op die bordjie is en nie noodwendig wat daar in die glas is nie.

Die spyskaart bied groot verskeidenheid vir die wat hou van die meer tradisionele, maar ook vir die fynproewer.

Die spyskaart is pragtig uiteengesit en jy weet presies wat jy gaan ontvang wanneer jy bestel.
Die opdiening is keurig en lyk amper te mooi om te eet.
Elke porsie is die samevoeging van verskillende teksture en geure wat ‘n verassende eenheid vorm.

Ons het heelwat van die geregte op die spyskaart probeer en was nie een keer teleurgeseld nie.  Die een was lekkerder en mooier as die volgende.

Die eienaar JD, is daar om seker te maak dat die diens uitstaande is en die atmosfeer reg is vir jou om  te kan ontspan en sommer net lekker te kuier.

Fork is beslis ‘n besoek werd, veral as jy hou van ‘n eetervaring.

Besoek hulle webtuiste vir die volledige spyskaart en mooi fotos by www.fork-restaurants.co.za of skakel hulle by 021 424 6334