As jy gedink het Noordhoek is net te vêr om te gaan besoek, wil ons vir jou vandag eet goeie rede gee om in jou kar te klim en te gaan – die Foodbarn. Moet nie verbaas wees nie, want so doodgewoon die naam klink, so dekadent is die kos. Franse fusion met Suid Afrikaanse geurtjie, is hoe ons dit beskryf.

As jy Frans hoor dink jy onmiddelik aan “fine dining” met sagte musiek en rustige ondertone, en moet nie ‘n fout maak nie, hier is ‘n bietjie van dit in die aand, maar een van die lekker dinge hier is die restaurant baie ontspanne is. Kinders is uiters welkom en die plaastema speelarea buite hou hulle goed besig terwyl mamma en pappa binne heerlik hul glasie wyn kan geniet en smul aan die kos.

Hierdie is ook die restaurant om vir jou kinders die eerste bekendstelling te gee aan connoisseur kos. Hulle het ‘n besonderse kinderspyskaart en die kos word uiters keurig voorgesit ook. Die rede hiervoor is dat mede-eienaar en sjef Franc Dangereux self pa van twee is.

Franc is natuurlik geen onbekende by baie nie. Hy is die skrywer van die boek Feast (wat by Woolworths te kope is) en was deel daaraan dat La Columbe (waar hy voorheen gewerk het) op die kaart geplaas word. Dan word hy ook gereken onder die top 50 sjefs in die wereld, die Foodbarn Deli is deur Eat Out was die beste bakery in Suid Afrika aangewys en die Time Magazine beskryf sy kos as “the best find dining on the continent if not anywhere”.

Met soveel pryse en prestasies is dit ‘n groot keuse om uiteindelik te besluit wat jy gaan eet. ‘n Goeie opsie is sy Bistro Spyskaart wat elke seisoen verander. Dit bestaan uit  ‘n drie-gang maaltyd met omtrent drie opsies by elke gereg. ‘n Glas wyn is ook ingesluit by die spyskaart.

Ons begin met ‘n Amasbush  (Frans vir “mondval”, maar Franck beskryf dit as ‘n geskenk vanuit die kombuis! Dit is kombinasie van geure, bestaande uit ‘n gorgonzola fritter met ‘n guava compote en gemmer. Ons vind uit hierdie is net ‘n klein bederfie en ons voorgereg volg kort daarna. Biede Ingrid se sampejoen met vars kruies en ricotta kaas gevou in ravioli en my eend tempura op soba noedels afgerond met ‘n “spicy” port en peer sous het sy eie unieke karakter en smaak. Ons besluit ook dit is die kombinasies wat die kos hier so smaaklik maak.

Franck bederf ons met nog ‘n geskenkie uit die kombuis – die keer in die vorm van ‘n mango en Bacardi sorbet – net om die palet skoon te maak. Na die dekandente hoofgereg (“rack of lamb” en Namibiese bees fillet) glimlag ons twee soos katte wat al die room gesteel het – en teen die tyd is die mae trommeldik.

Gelukkig weier ons nooit nagereg nie en Ingrid smul aan ‘n “Lime tiramisu with guava compote” en die aarbei tert met swartpeper, Pinot Noir en kersie roomys sluit ons smulllekker kuier by die Foodbarn op ‘n hoogtepunt af!

Die drie-gang Bistro ete is R 180 per persoon en is voorwaar ‘n winskoop as jy sien hoeveel genot die kos bring. Foodbarn is oop vir 7 dae in die week vir middagetes en van Woensdag tot Saterdag aand.

Franck doen ook natuurlik kookdemonstrasies – so hier is ‘n geleentheid om ‘n meester in aksie te sien! Dit is maar beter om te bespreek en die restaurant kan gevind word by die Noordhoek Farm Village.

Kontak gerus:
Tel : 021 789 1390 of www.thefoodbarn.co.za vir meer inligting.