Die Devon Valley Hotel is rees 64 jaar oud en ‘n inselling in Stellenbosch.  Die ouer garde sal dit veral onthou vir die populere Vrydagaand Dinner en Dance aande.

Die Hotel behoort tans aan die Louis groep en die restaurant is van hoek tot kant oorgedoen in 2008.
Die binnekant is elegant en stylvol.  Jy kan egter ook buite op die stoep sit en die lieflike Stellenbosch weer en die asemrowende uitsigte geniet.  Op ‘n mooi dag kan jy tot by die see sien. Op ‘n Woensdag en Vrydagaande word die pizza oond ingespan en kan jy die heerlikste pizzas daar geniet.  Die restaurant, en veral die stoep, is ‘n besliste kuierplek.

Die restaurant is oop vir ontbyt tot aandete, 7 dae ‘n week.  Dit is wys om te bespreek, veral vir die Sondagmiddagete buffet. Dit is voorwaar iets om te probeer.  Teen net R145.00 kan jy ‘n reuse verskeidenheid geregte geniet.  Net om ‘n idée te gee – daar is 14 soorte nageregte en 16 verskillende voorgeregte. Dit is voorwaar waarde vir geld.

Daar is ook ‘n a la carte spyskaart met ‘n groot verskeidheid geregte.  Die hoofgereg gaan jou so rondom R110.. kos en ‘n voorgereg in die omgewing van R50.00.  Daaris ook iets vir elkeen se smaak.  Ook vegetariese geregte.  Die kok se spesialiteit is die heerlike “rack of lamb”  Daar is ook die heerlikeste terrace platters op die spykaart.  Rondom dit kan jy ‘n hele middag of aand omkuier.

Die hotel het ook volledige konferensie fasiliteite en kan 100 mense akkomodeer. Die restaurant sal vir jou voorsien mbt etes en sal kwoteer na gelang van jou behoefte.

Flavours by Devon Valley Hotel is een van daardie plekke wat jou bly maak en bevoorreg laat voel om in die Kaap te kan bly.  Gaan maak gerus ‘n draai en neem jou gaste veral van die wat daar uit die noorde kom.

Vind ook meer uit oor hulle verskillende staproetes – geskik vir die hele gesin.

Gaan na www.devonvalleyhotel.co.za of skakel 021 8652012

- Ingrid Venter