Dulce Café

Deur Ingrid Venter
Moet nie die standaard tipe koffie winkel verwag nie. Bo in Cape Gate, naby die flieks sal jy hulle kry – oop en gereed vir uistekende diens en hope spesiale aanbiedinge – 7 dae van die week, van vroeg tot laat.
Die eienaar is Tannie Jo. Sy is die hart van die restaurant en ook die een wat ‘n wakende ogie hou oor die kos en die diens. Sy gesels met almal en dit is duidelik dat die meeste kliente ou bekendes is.
Die spyskaart strek van ontbyte, hoofgeregte, broodjies, hulle spesialiteitsgeregte, pizzas en burgers en natuurlik nagereg en koek om van te kies en keur.
Om die waarheid te se, toe Tannie Jo nie tevrede is met die gehalte van die koek nie , het haar man, met sy ingenieurspresisie ingespring en self probeer. Vandag bak hy die gewilde wortel en caramel kaaskoek.
Geen kos word vooraf gemaak nie, en word vars voorberei. Elke aand sal jy ‘n spesiale aanbod vind op die swartbord voor die restaurant. Sondae berei Tannie Jo graag iets spesiaals wat nie normaalweg op die spyskaart is nie. En elke naweek gedurende die winter kan jy gaan aansit vir Tannie Jo se heerlike melkkos.
Die beste dis op die spyskaart is sonder twyfel die Dulce Duo ontbyt. Dit is ‘n reuse ontbyt vir 2 en dit kos net R52.00. Uitstekende waarde vir geld.
Jy kan ook die avocado en haloumie ontbyt probeer – ook ‘n uitstkende keuse.
Kyk gerus na die signature geregte. Daar is die Café Grill en die Snitchels baie gewild.
Tannie Jo se ook die publiek noem haar Tramezini’s die lekkerste in die land omdat sy dit so lekker vol stop van die heerlike vulsels wat daar beskikbaar is.
Daaris ‘n wye verskeidenheid koffies en nageregte om van te kies. Sommige ongewoon en die een so lekker soos die ander.
Dit is ook belangrik om te noem dat die restaurant ten volle gelisensieer is.
As jy Cape Gate gaan besoek en die voete is moeg, die kinders is moeilik, is dit die plek om te gaan sit en bietjie te ontspan en bederf te word deur Tannie Jo en haar span.
In : Cafe
