Dekadent by Cafe Delicieux

Hierdie week ontdek ons die Noordelike voorstede se bes bewaarste geheim – Cafe Delicieux. Die juweel is knus weggesteek in die Welgemoed Forum Sentrum. Daar gekom word jy aangenaam verras deur die elegante dekor met ‘n duidelike Franse invloed. Die elegansie van die swart plafon en gemaklike stoele val jou dadelik op en die ou teepotte, koppies en pierings en pragtige kandelare laat ‘n mens voel asof jy saam met Alice in Wonderland kuier.
Die diens is uitmuntend. Vriendelik, behulpsaam en persoonlik. Die eienaar, Serita Landman is persoonlik betrokke en gaan uit haar pad om jou kuier so lekker as moontlik te maak. Dit is ook sy wat elke week nuwe resepte “ontwerp” en vir die heerlike verrassings sorg!
Café Delicieux se spyskaart is ‘n samevoeging van interessante smake en geure. Gaan gerus daarheen as jy ‘n kieskeurige eter is. Ontwerpers toebroodjies soos die hoender, met briekaas en "cranberry" op rog is een van die hoogtepunte.
Heerlike vars vrugtesap vermengings soos die appel, peer & gemmer is ‘n uitstekende keuse vir die gesondes. En vir die wat nie van cappuccino hou nie, is daar ‘n groot verskeidenheid besonderse tee, waarvan “orange & spices” spesiaal vir hulle vermeng word.
Ontbytliefhebbers kan smul aan die heerlike tuisgemaakte muesli met griekse yoghurt en vrugte. ‘n Ontbythoogtepunt is die roer eiers met gerookte forel en voorgesit met ‘n besonderse poppysaad koek.
Vrydagaande beloof ook ‘n eetervaring. Dit is hier waar jy Serita se talent werklik kan ontdek. Vir ‘n skrale R 150 kan jy ‘n drie-gang maal geniet wat dekadente geregte soos “Butternut ravioli with garlic roasted rosa tomatoes and basil pesto with a balsamic reduction". Met “chicken en prawn curry served with basmati rice, cashew nuts and poppadom”. En die heel beste “amarula creme brulee”. Die heerlikheid van die Vrydagaand spyskaart is dat daar ‘n keuse is by elk van die gange.
Mens kan nie Cafe Delicieux verlaat sonder om ‘n stukkie van die New York Kaaskoek te eet nie. Dit is voorwaar die hoogtepunt!
As jy een keer hier was, sal jy moeilik by ‘n ander restaurant gaan eet.
Besoek hulle in die Welgemoed Forum Sentrum. Hoek van Jip de Jager en Kommissarisstraat.
Tel. 012 9130153
www.cafedelicieux.co.za/In : Dekadent
