Showing category "resources" (Show all posts)

ANATOLI TURKISH RESTAURANT

Posted by Monique Strydom on Wednesday, September 28, 2011, In : Turks 


WAT:
Die beste Turkse eetervaring Suid van die Ewenaar.

WAAR:
Napier Straat , Kaapstad Sentraal

HOOGTEPUNTE:
Waar om te begin?! Wat van reuse skinkbord met bakke en bakke vol mezes om van te kies. Dan ‘n elle lange lys van dekadente hoofgeregte gevolg deur nog ‘n skinbord vol van nageregte keuses.

KYK UIT VIR:
Die verwarring op mense se gesigte soos hulle besluit wat om te kies, en weer besluit en weer besluit! En al die mooie matte – die eienaar was ‘n mat handelaar in Turkye!

WAT ...


Continue reading ...
 

Cafe Paradiso

Posted by Monique Strydom on Tuesday, September 6, 2011, In : Dekadent 


Deur : Monique Strydom

Wat:
Vure in die binnehof, handgemaakte pasta wat droogword in die dak, besige kombuis waar jy die koeke sien gebore word en fushion Mediteriaans en Suid Afrikaans! Met die besgte uitsigte oor Tafelberg.

Waar:
Die immergewilde Kloofstraat.

Hoogtepunte:
Lam slaai met baba spinasise blare knoffel aioli en sonneblom saad (meer as 20 jaar op die spyskaar!)
Linguini chilli bedien met Chorizo, chickpea & calamari
"The living best Lemon Meringue Pie" - kies dit as deel van die 3 N...


Continue reading ...
 

PIRATES GRILL HOUSE

Posted by Monique Strydom on Friday, September 2, 2011, In : Steak House 



Deur Monique Strydom

WAT:
Vaar die see in saam met die seerowers! Houtbaai se bes bewaarste geheim! "Good value, good food and good times!"

WAAR:
Houtbaai

HOOGTEPUNTE:
Die ribbetjies en die ribbetjies en die ribbetjies. En dan ook die sagste steak en die beste "seerower" burger Jack Sparrow Flame Grilled burger.

WAT JY NIE MAG MIS NIE:
Kuier saam met kelnering, Pumi, met die beste laggie in die hele Kaapstad!

PRYSE:
Baie bekostigbaar - goeie pryse vir groot porsies (so groot "that you will be d...


Continue reading ...
 

SIDEWALK CAFE

Posted by Monique Strydom on Friday, September 2, 2011, In : Dekadent 



Deur Monique Strydom

WAT:
Dekadente eetervaring vir alles smake gekombineer met eklektisie dekor en besonderse gasvryheid.

WAAR:
Vredehoek, Kaapstad

HOOGTEPUNTE:
"Chefs on Stage" Jaarlikse kompetisie en Chef Warren Carney se Frans geinspireerde disse soos die "24 Hour rolled pork belly confit" wat bedien word met pynapple en chilli sorbet. Met die klimaks - sy "Tears of a Chocoholic" nagereg.

GAAN TERUG VIR:
"Slow roasted Springbok Shank"

PRYSE:
Van R 40 tot R 140 (elke sent die moeite werd!)

...


Continue reading ...
 

San Julian

Posted by Monique Strydom on Friday, September 2, 2011, In : Mexikaans 



Deur Monique Strydom

Wat:
As jy lus is vir regte Mexikaanse kos gemaak deur 'n egte Mexikaanse familie, dan kan jy nie San Julian mis nie. Hier kry jy die beste Tacos en Tequila in die Wes Kaap (dalk sommer Suid Afrika ook).

Waar:
Kaapstad Sentraal

Hoogtepunte:
Quesidalla Al La Governcador – Garnaal gekook in chilie met Flavatas en salsa verde (wondelike groen sous)
Horchata Arroz – Rys met melk en kaneel

Prys:
Baie bekostigbaar (1/2 porsies begin by R 43)

Tye:
Elke aand van Maandag to Sat...


Continue reading ...
 

Fork Tapas

Posted by Monique Strydom on Friday, September 2, 2011, In : Tapas 



Deur Ingrid Venter

Gelee in 84 Longstreet is ‘n Tapas Restaurant met ‘n verskil. Mens kan dit amper Fine Dining Tapas noem.
Die interieur is keurig en smaakvol en ingerig vir lekker kuier rondom heerlike Tapas en ‘n glasie wyn.

Die oorsprong van Tapas is onseker.  Sommige se dit kom van die Spaanse Koning Alphonso wat baie siek was en toe geadviseer is om meer en kleiner etes te neem. Dit het hom soveel beter laat voel dat hy besluit het sy hele koninkryk moet maar daarmee inval.   Die m...


Continue reading ...
 

The Only One

Posted by Monique Strydom on Friday, September 2, 2011, In : Familie 

Deur Ingrid Venter

Op die Bottelarypad tussen Stellenbosch en Kuilsrivier gaan jy hierdie pragtige en baie gesellige restaurant met sy sagte rooi stoele,kaggels vir die winter en ‘n pragtige stoep en dam vir die somer, aantref.

Die atmosfeer is gesellig en intiem en die diens uitstekend.  Agter die kospotte is Andre, wat ook een van die eienaars is.  Hy het al baie ondervinding opgedoen in sy loopbaan wat gestrek het van luukse passasiersbote tot die 5 ster Arabella met nog heelwat tussen i...


Continue reading ...
 

Dulce Café

Posted by Monique Strydom on Friday, September 2, 2011, In : Cafe 



Deur Ingrid Venter

Moet  nie die standaard tipe koffie winkel verwag nie.  Bo in Cape Gate, naby die flieks sal jy hulle kry – oop en gereed vir uistekende diens en hope spesiale aanbiedinge – 7 dae van die week, van vroeg tot laat.

Die eienaar is Tannie Jo.  Sy is die hart van die restaurant en ook die een wat ‘n wakende ogie hou oor die kos en die diens.  Sy gesels met almal en dit is duidelik dat die meeste kliente ou bekendes is.

Die spyskaart strek van ontbyte, hoofgeregte, broodj...


Continue reading ...
 

PISTACHIO

Posted by Monique Strydom on Friday, September 2, 2011, In : Frans 



Deur Ingrid Venter

Wanneer jy die restaurant binnestap word jy sommer dadelik weggevoer na Frankryk in die vroee 1900.  Hier kry jy Franse elegansie op sy beste. Dit maak dit natuurlik die ideale restaurant vir ‘n romantiese ete of ‘n spesiale herdenking.
Die omgewing is elegant en die atmosfeer rustig.

Die spyskaart is deels Frans maar die eienaar beskryf dit eerder as Fusion.
Daar is soveel heerlike voorgeregte om van te kies dat dit moeilik is.
Daar is die aanloklike slakke in t blou kaas...


Continue reading ...
 

Mezbaan

Posted by Monique Strydom on Friday, September 2, 2011, In : Indies 



Deur Ingrid Venter

By die Mezbaan Restaurant in die Hilton Hotel voel dit asof jy aansit by ‘n eetplek reg uit Noord Indie.  Die dekor is pragtig, stylvol, die spyskaart vol interessante geregte so reg uit Noord Indie, met ‘n Chef wat al sy kunsies ook daar geleer het.

Chef Mohammed het ons inderdaad bederf met ‘n keur van geregte van sy spyskaart.
Die spyskaart is onlangs nuut saamgestel met geregte wat jy nie sommer elders gaan opspoor nie.  Daar is die bekende geregte soos Butterd C...


Continue reading ...
 

AMAZINK

Posted by Monique Strydom on Thursday, September 1, 2011, In : Afrika 

Sommer so vlak in Kayamandi, net so voor Stellenbosch,  gaan jy vir Amazink aantref met sy vriendelike eienaar en ook gasheer, Loyiso of tewel, Roots , soos hy genoem word deur die gemeenskap.

Amazink was ‘n lekker verassing.  Netjies, skoon, lekker kos en ‘n ontspanne “happy” gevoel.  Die tafels is mooi geskilder deur studente, daar is sitplek binne en buite met ‘n lieflike area buite onder ‘n tentdak waar ek sommer kon sien – al lekker konserte gehou is.  Hulle was ook juis k...


Continue reading ...
 

Addis in Cape

Posted by Monique Strydom on Monday, June 13, 2011, In : Etihopie 


Addis in Cape is 5 jaar gelede begin deur die pragtige stylvolle Senait.  Sy het reeds die baie suksesvolle Addis in Dar en sy het so lief geword vir SA met sy mengelmoes van kulture dat sy besluit het om nog ‘n tak hier te kom oopmaak.

Jy gaan die interessante restaurant kry in nr 41 Kerkstraat waar dit ook uitkyk oor die bekende Longstreet.  Die dekor binne bestaan uit die kultuur van Etihopie – van die interessante ronde tafel tot die klein stoeltjies waarop jy sit –sommer so naby d...


Continue reading ...
 

FLAVOURS @ THE DEVON VALLEY HOTEL

Posted by Monique Strydom on Monday, June 13, 2011, In : Familie 

Die Devon Valley Hotel is rees 64 jaar oud en ‘n inselling in Stellenbosch.  Die ouer garde sal dit veral onthou vir die populere Vrydagaand Dinner en Dance aande.

Die Hotel behoort tans aan die Louis groep en die restaurant is van hoek tot kant oorgedoen in 2008.
Die binnekant is elegant en stylvol.  Jy kan egter ook buite op die stoep sit en die lieflike Stellenbosch weer en die asemrowende uitsigte geniet.  Op ‘n mooi dag kan jy tot by die see sien. Op ‘n Woensdag en Vrydagaande word...


Continue reading ...
 

Knife Restaurant

Posted by Monique Strydom on Thursday, June 9, 2011, In : Steakhouse 


Noordelike voorstede inwoners het rede om te juig en daardie rede se naam in Knife. Knife is “upmarket” restaurant, met fantastiese kos, pryse wat elke sak sal pas en ‘n oop deur vir kinders. Iets wat mens glad nie sal verwag in die omgewing van die Crystal Towers Hotel nie.

 

Eienaar Ed, wat self ook ‘n pa is, verstaan dat baie ouers kwaliteit kos dikwels moet prysgee omdat hulle na meer kindervriendelike restaurante moet gaan. Ed sê ook by Knife is daar geen regulasies nie, mens...


Continue reading ...
 

Green Valley Restaurant - Tyger Vallei

Posted by Monique Strydom on Thursday, June 2, 2011, In : Cafe 



Vandag moet ek tot my skaamte erken dat ek al vir vier jaar lank in Tygervallei inkopies doen en nooit geweet het van hierdie oulike familie restaurant met die naam Green Valley Restaurant. En die oulike restaurant sal jy ontdek daar agter in Stuttafords en is groot verrassing as jy daar instap. Dit voel kompleet soos Griekse "village square", klomp tafeltjies tot dit dak is geverf met wolkies.

Die lekker ding van Green Valley is dat hulle jou toelaat om te eet waarvoor jy lus is want hulle ...


Continue reading ...
 

Zorba's Restaurant

Posted by Monique Strydom on Thursday, June 2, 2011, In : Grieks 

Onthou jy dalk nog die ou Zorba Restaurant hier vanuit die 70tigs?

Ja, Theodorus Vouiatzis is ‘n ware ikoon in Kaapstad en met sy 40 jaar ondervinding in die gasvryheidsindustrie kan sy nuwe Zorbas niks anders wees as baie spesiaal nie.

Sommer so ‘n klipgooi van die monding van die Milnerton Lagoon sal jy hierdie pragtige restaurant kry met sy stylvolle dekor wat vir jou ‘n meditereense gevoel gee. Die kleure is vars, tog sag en warm en alles is van die hoogste gehalte en stylvol byme...


Continue reading ...
 

Blow Fish

Posted by Monique Strydom on Thursday, June 2, 2011, In : Seekos 

As jy die pragtige reataurant binnestap weet jy sommer hier gaan jy lekker kuier. Die uitsig oor die see is spesiaal, maar nog meer spesiaal is Tafelberg wat oor jou uittroon en dit voel of jy net jou hand kan uitsteek en aan hom raak. Bietjie later in die aand lig hulle die sonskerms en kan jy die volle glorie van die sonsondergang geniet.  Geen wonder hierdie restaurant is so gewild vir troues en allerhande ander funksies nie.

Ons is hartlik ontvang deur Simon, die bestuurder aan diens, en...


Continue reading ...
 

Keenwa Restaurant

Posted by Monique Strydom on Thursday, June 2, 2011, In : Peruviaans 



Ek vind my vandag by ‘n baie bekende internasionale model, wat ‘n restaurant begin het wat enig in sy soort is in Afrika en hy is mal oor Suid Afrika!  German De La Melena, wat van Peru kom vertel dat hy al reg oor die wereld gewerk en gewoon het, maar dat Kaapstad sy gunsteling stad is en dit is hoekom hy sy restaurant, Keenwa, hier oopgemaak het. Die hele doel van Keenwa is om bietjie van sy erfenis met die mense van Suid Afrika te deel.

Peru is die land waar mens een van die sewe Men...


Continue reading ...
 

The Atlantic Restaurant - Table Bay Hotel

Posted by Monique Strydom on Thursday, June 2, 2011, In : Ontbyt 



As jy iemand wil beindruk of iemand spesiaal wil bederf  met iets spesiaals, dan is ontbyt by die Atlantic Restaurant, die hoof restaurant by die 5-ster Table Bay Hotel, ‘n uitsekende keuse.

Jou ontbyt begin met Kaapse vonkelwyn met die instapslag. Wit gevoude serviette, mooi breekware in ‘n ruim restaurant wag om die draai. Jy word bederf met pragtige uitsigte oor die hawe en Kaapstad – dit is voorwaar ddie plek om gesien te wees.

Jy kan kies hier tussen die a la carte spyskaart of...


Continue reading ...
 

Aqua Restaurant

Posted by Monique Strydom on Thursday, June 2, 2011, In : Seekos 

Met die wit, seegroen en blou dekor is die gevoel die van die oseaan en al sy beloftes. Aqua, voorheen bekend as The Tank, is splinternuut oorgedoen.  Dit is stylvol en die ambiance is die van rustigheid.

Dit is nou net waar mens die fout mag maak, want die restaurant is slim gebou, met ‘n kuierarea waar daar oor naweke kustenaars optree en jy net lekker kan sit en ietsie drink en dalk ietsie ligs eet.  Jy kan binne sit en jou verkyk aan die reuse vistenk met sy baie kleurvolle visse of jy...


Continue reading ...
 

MESOPOTAMIA

Posted by Monique Strydom on Sunday, March 20, 2011, In : Kurds 



As jy nou lus is vir ‘n anderse tipe restaurant  waar jy jou skoen kan uittrek en plat op die grond kan sit en net lekker kuier dan moet jy Mesopotamia hoog op jou lys sit.

Mesopotamia is die eerste Kurdse restaurant in SA en Baran, die eienaar, is een van min Kurde in Suid Afrika. En neem kennis, die Kurde het ‘n fasinerende geskiedenis. Daar is so 20 milloen Kurde  en hulle is die grootste etniese groep in die wêreld wat nie hulle eie nasie en land het nie. Tans woon hulle in ‘n  ar...


Continue reading ...
 

FRATELLI PALMIERI - Eg Italiaans!

Posted by Monique Strydom on Sunday, March 20, 2011, In : Italiaans 



Ons bevind ons daar by die Italiaanse Klub in Milnerton wat ook die tuiste is van een van die beste Italiaanse restaurante in Kaapstad, Fratelli Palmieri. Die restaurant word besit deur twee broers Paolo and Marco Palmieri. En dit is voorwaar ‘n Italiaanse fees, die ontvangs, die ambiance, die musiek, die kos en die gees! Een van my gaste sê so ewe dat dit vir haar voel of ons ‘n Italiaanse troue ge”gate crash” het. 

Tony, die bestuurder, is ook ons gasheer en ons besef vinnig hoe ...


Continue reading ...
 

Blue Water Cafe

Posted by Monique Strydom on Sunday, March 20, 2011, In : Familie 



“Life is uncertain – eat dessert first” is eerste ding wat ons op die spyskaart by die Blue Water Cafe lees en ons is “sold”!

 

Die kafee is een van die veel redes om by Imhoff plaas te gaan kuier. Dit is nie net geleë in die ou historiese plaasgebou nie, maar is die skepping van eienaars, Rael & Graham –  wat die baie bekende River Cafe in Constantia begin het.  Hulle is nie net passievol oor hulle kos nie, maar ook om hulle kliente gelukkig te hou.

 

En hier is almal geluk...


Continue reading ...
 

BOMBAI BRASSERIE

Posted by Monique Strydom on Saturday, February 5, 2011, In : Indies 



As jy lus is vir ‘n besonderse maal, dan moet jy gerus ‘n draai gaan maak in Kaapstad middestad by die 5-ster Taj Hotel.  Die hotel is geleë in die ou Reserwe Bank gebou en is wonderlike kombinasie van oud en nuut. Nog voordat jy by die deur instap, voel jy al soos ‘n BBP as die valet vinnig nader hardloop om jou kar vir jou te gaan parkeer.
 
Hierdie gevoel word nog intens as jy by die Bombai Brasserie instap.  Elgant, luuks met ‘n  ou  koloniale gevoel. Die restaurant se mure is besl...


Continue reading ...
 

Arnold's

Posted by Monique Strydom on Saturday, February 5, 2011, In : Afrika 



Wanneer jy die eerste keer by Arnolds gaan eet is die kans goed dat jy iets gaan eet wat jy nog nooit vantevore geeet of gedink het jy sal eet nie.

Onder die afdeling “Taste on the Wild Side” kry jy geregte soos:
Springbok Shank
Grilled Warthog Ribs
Crockodile Ribs
Gemsbok Sirloin
Volstruis Fillet

Of n baie amper oordadige Game platter met n verskeidenheid van 4 van die bogenoemde. Arnold is bekend vir sy wildsvleisgeregte en dit word heerlik voorberei en net so mooi voorgesit. Die porsies i...


Continue reading ...
 

Bamboo Restaurant

Posted by Monique Strydom on Saturday, February 5, 2011, In : Familie 



Die Bamboo restaurant is by uitstek ‘n kuierplek.  Die dekor is gesellig, maak nie saak of jy kies om binne of buite te sit nie.  Binne is gerieflike sitplek, mat ‘n groot kaggel vir die koue dae. Buite egter, word jy deel van die omgewing van die pragtige kwekery waarbinne die Bamboo Restaurant gelee is.  Die kinders kan  rondbeweeg en daar is ook ‘n pragtige speelplek vir die kleiner kinders.  Op warm somerdae word  ‘n heerlike fyn misreen aangeskakel om jou af te koel.

Die per...


Continue reading ...
 

Shoreline Café

Posted by Monique Strydom on Monday, January 10, 2011, In : Cafe 



Ons word welkom geheet by die Shoreline Café deur Zefferino Fransisco  - ‘n boorling uit Brasilië wat sy hart verloor het op ‘n Italiaanse Suid-Afrikaanse meisie. Zeff, soos sy vriende hom noem, is ‘n uitstekende gasheer. Hy maak seker dat ons ‘n tafel op die dek kry met pragtige uitsigte op die hawe en Tafelberg. Dit is natuurlik ‘n tafel vanwaar jy al die aksie kan gadelaan, van die span roeiers wat ernstig by ons verby vaar (of eerder spoed), tot die lui rob (meer ons tipe) wat...


Continue reading ...
 

Gold Restaurant

Posted by Monique Strydom on Monday, January 10, 2011, In : Afrika 

  

As jy nou lus is vir dekadente Afrika kos het, of oorsese besoeker ‘n hele aand se “Afrika” pret wil gee, dan moet die Gold Restaurant hoog op jou lys sit. Want hier word jy voorwaar soos ‘n iemand met blou bloed behandel. Wel, sommer met die aankoms voel dit al  asof jy by die koningin gaan eet met die pragtige ingang! Moet ook nie skrik vir die sekuriteitswagte nie, want die Museum of Africa Gold is ook in die gebou. En dit is natuurlik ‘n heerlike manier om die aand te begin, ...


Continue reading ...
 

Royal Eatery

Posted by Monique Strydom on Monday, January 10, 2011, In : Amerikaans 



As jy lus is vir die beste burger in die dorp (en dan praat ek nog nie eers van die milkshakes nie), dan moet jy ‘n draai gaan maak by Royale Eatery in Long Street. ‘n Goeie tyd natuurlik om ‘n draai te gaan maak is tussen 5 en 7 in die middag want dan kry jy nog ‘n burger teen halfprys ook!

Ons beland hier op ‘n Saterdag oggend en die restaurant is klaar gepak (dankie tog vir ons “reserved” teken want ons is so honger soos leeus!). En jy moet omtrent die eetlus he van ‘n lee...


Continue reading ...
 

Foodbarn - Noordhoek

Posted by Monique Strydom on Friday, November 19, 2010, In : Frans 

  
As jy gedink het Noordhoek is net te vêr om te gaan besoek, wil ons vir jou vandag eet goeie rede gee om in jou kar te klim en te gaan – die Foodbarn. Moet nie verbaas wees nie, want so doodgewoon die naam klink, so dekadent is die kos. Franse fusion met Suid Afrikaanse geurtjie, is hoe ons dit beskryf.

As jy Frans hoor dink jy onmiddelik aan “fine dining” met sagte musiek en rustige ondertone, en moet nie ‘n fout maak nie, hier is ‘n bietjie van dit in die aand, maar een van d...


Continue reading ...
 

Izabellas - Eden on the Bay

Posted by Monique Strydom on Saturday, November 13, 2010, In : Cafe 

Izabellas le lekker gerieflik naby die see in die Eden on the Bay Winkelsentrum. Ons kuier daar op 'n Sondag en die sentrum buzz met die vlooimarkstalletjies en al die besoekers (die son skyn en al die Kapenaars is op die straat!).

By hierdie restaurant met sy pragtige mediterreense dekor en vriendelike eienaars kan jy nie anders as om ontspanne te voel nie.  Om die waarheid te se, mens kry eintlik so 'n lekker vakansie gevoel.

Jy kan 'n hartlike verwelkoming verwag deur die eienaar Japie H...


Continue reading ...
 

Masala Dosa

Posted by Monique Strydom on Wednesday, November 10, 2010, In : Indies 



Bollywood is “glits & glamour”met mooi mense en blink klere. Maar hier in Kaapstad ontdek ons ‘n ander tipe Bollywood  - fusion met ‘n tikkie Indies, Suid Afrikaans en selfs Israeli (maar daaroor praat ons nie vandag nie!).

Ons kuier by Masala Dosa in Long Street en dit is vars wit met helder kleure wat jou begroet as jy hier instap.  Jou oog vang sommer onmiddelik die pragplakkate teen die een muur wat jy dan eers later sien is die spyskaart en die Bollywood ster daarin, is niemand...


Continue reading ...
 

Dekadent by Cafe Delicieux

Posted by Monique Strydom on Saturday, October 23, 2010, In : Dekadent 


Hierdie week ontdek ons die Noordelike voorstede se bes bewaarste geheim – Cafe Delicieux. Die juweel is knus weggesteek in die Welgemoed Forum Sentrum.  Daar gekom word jy aangenaam verras deur die elegante dekor met ‘n  duidelike Franse invloed. Die elegansie van die swart plafon en gemaklike stoele val jou dadelik op en die ou teepotte, koppies en pierings en pragtige kandelare laat ‘n mens voel asof jy saam met Alice in Wonderland kuier.

Die diens is uitmuntend. Vriendelik, behulpsa...


Continue reading ...
 

Tradisioneel by Biesmiellah's

Posted by Monique Strydom on Friday, October 8, 2010, In : Kaap Malay 

KOSKLETS PROGRAM 2 (14 Oktober 2010)

As jy wil weet waarna toe die oorsese toeriste in hordes stroom om egte, tradisionele Kaap Malayse kos te eet, moet jy net ‘n draai gaan maak in die Bo-Kaap. Op die hoek van Wale en Pentz Strate sal die heerlike geure van Biesmilla’s jou by die deur inlok.

Die eienaar van die restaurant, Abdulla, is reeds 38 jaar hier en as jy begin praat oor kos kan jy sien waar sy passie lê! Om te begin word daar daagliks 1600 samoesas hier gemaak! Dit is nou nie ...


Continue reading ...
 

Italiaans by Borusso's Pizza & Pasta

Posted by Monique Strydom on Friday, October 1, 2010, In : Italiaans 



KOSKLETS PROGRAM 1 (7 Oktober 2010)

Chaio!  As jy soos ek is en mal is oor Italie en Italiaanse kos, dan moet jy ‘n draai gaan maak by Borruso’s Pizza & Pasta in Rondebosch. Die lekker kuierplek lyk soos ‘n egter familierestaurant uit Italie. Die atmosfeer hier word geskep deur die interessante groepe mense wat almal een ding in gemeen het – lekker eet! Hier sien ons gesinne wat lekker lag, paartjies wat kaart speel, rugbygeesdriftiges wat verkies om rugby op die groot skerm te kyk.

...


Continue reading ...
 
 

Recent Posts