As jy lus is vir ‘n besonderse maal, dan moet jy gerus ‘n draai gaan maak in Kaapstad middestad by die 5-ster Taj Hotel.  Die hotel is geleë in die ou Reserwe Bank gebou en is wonderlike kombinasie van oud en nuut. Nog voordat jy by die deur instap, voel jy al soos ‘n BBP as die valet vinnig nader hardloop om jou kar vir jou te gaan parkeer.
 
Hierdie gevoel word nog intens as jy by die Bombai Brasserie instap.  Elgant, luuks met ‘n  ou  koloniale gevoel. Die restaurant se mure is beslaan met hout panele wat al meer as 100 jaar oud is. Dit, gekombineer  met die pragtige swaar kandelare en kristal spiels teen die mure, sal enige kos connoisseur laat uitsien na die ete!

Ons word ontvang deur Hilton, die mai•tre d' van die aand, wat ons na ons tafel met sy gestyfde wit tafeldoek en gestofeerde stoele toe neem.  Met so Briste koloniale gevoel, kan dit nie anders dat die spyskaart Indies moet wee nie! Hilton beskryf die kos hier egter as kontemporere Indiese kos. Om seker te maak dit is 100% eg Indies, spog die restaurant met ‘n Indiese sjef en ook ‘n tandoori oond.
Die spyskaart is so oorweldegend en alles lyk so lekker dat ons nie kan besluit wat om te eet nie. Hilton stel voor ons eet die Mai•tre d' se Tasting menu. Dit is ‘n imposante spyskaart met sop, 3 voorgeregte, 2 hoofgeregte (plus 2 bykosse) en nog twee nageregte.

Ons begin  met ‘n Bhalla Chaat – sagte lensie dumplings in yoghurt en soet mango sous – wat uiters dekadent is! Die gereg, saam met die “spicey prawns” word later in die aand as van die hoogtepunte uitgesonder.

Maak ook reg om aangenaam verras te wees met hoe van die geregte voorgesit word. Die geroosterde geelmieliesop met tumeric en popcorn is so gereg. Ons wonder wat aangaan toe ‘n amper leë bord met  ‘n paar stukkies popcorn in, voor ons neergesit word. Ons besef egter gou dat die sop by die tafel ingeskep word! Gelukkig, want hierdie is ook ‘n uitstaande gereg!   Die ander verrassing is‘n pynappel sorbet (wat as ‘n spesiale vergunning vir ons aangebied word!). Dit arriveer omtrent in rook! Wat ons toe besef is eintlik koue ys onder in die oulike roomysbakkie, met gaatjies langs die kant en ‘n boonste laag waarin die roomys opgeskep word. 

Al die geregte is besonders smaaklik en verbasend genoeg nie so warm dat dit ‘n mens se mond aan die brand steek nie!  Hilton vertel dat hulle doel is om jou op ‘n spesery toer deur Indie te vat. Ons hoor dat elke gereg tussen 17 – 30 verskillende kruies en geurmiddels in het.

Ons hoofgereg bestaan uit ‘n kombinasie van  lam sosaties, wat 15 keer gemaal word voordat dit gekook word. Jy kan dit proe want die vleis smelt letterlik in jou mond weg! Dit is baie moeilik om te kies tussen die Tandori Noorweegse Salm en die Lamskerrie, wat blykbaar 2 dae voorberei word om seker te maak al die geure word vasgevang.

Ek moet net noem van die gereg wat die tafel langs ons geeet het.  ‘n Groot bord met “slow cooked baby lamb’s leg”. Dit  lyk fantasties! En natuurlik word al die etes gekomplimenteer met die silver diens (vir die wat nie weet nie – die etes word voorgesit in silverborde met deksels).

Laat tog ‘n plekkie vir die nagereg. Daar is netsoveel dekadente keuses, van ‘n  Masala Chai Creme brulee tot die  Malai Kulfi (Cardamon roomys).

PRYSE:
Voorgeregte : R 55 tot R 110
Hoofgeregte : R 120 gemiddeld
Nageregte : R 55
Mai•tre d' Tasting spyskaart -  R395. 

So as jy iemand wil beindruk of net ‘n fantastiese maal wil geniet, dan is Bombai Brasserie ‘n baie goeie keuse!

Tel : 021 819 2000
http://www.tajcapetown.co.za/blog/dining/