“Life is uncertain – eat dessert first” is eerste ding wat ons op die spyskaart by die Blue Water Cafe lees en ons is “sold”!

 

Die kafee is een van die veel redes om by Imhoff plaas te gaan kuier. Dit is nie net geleë in die ou historiese plaasgebou nie, maar is die skepping van eienaars, Rael & Graham –  wat die baie bekende River Cafe in Constantia begin het.  Hulle is nie net passievol oor hulle kos nie, maar ook om hulle kliente gelukkig te hou.

 

En hier is almal gelukkig want dit is die ideale familie kuierplek met fantastiese uitsigte oor Noordhoek en heerlike speelplek vir die kinders. Die groot boom met baie klimplek en platvorms sal alle kleine “apies” doodgelukkig hou!

Ontbyt is ‘n goeie keuse hier en dit word bedien tot 12 uur – wat ‘n groot pluspunt is in die Wes Kaap waar baie restaurante 11 uur klaar maak met ontbyt. Daar is ‘n groot verskeidenheid ontbytgeregte om van te kies, soos  die  ongewone eggs Benedict (soetmielies & aartapple rosti met bacon, eier and hollandaise sous),  ‘n verskeidenheid omelette, tuisgemaakte granola met yoghurt en bessies en die medeterieense bord met plaas kase, parma ham, groen vye en crossants.

Die eienaars beskryf hulle kos as “ Nuwe Kaapse styl” en vertel ook dat dit baie gesond is omdat hulle net . Kos baie vars plaas- en organiese produkte gebruik.  Dit sien jy sommer dadelik as jy ‘n keuse moet maak tussen die sewe verskillende dekadente slaaie. Dekadente slaai? Probeer gerus die “Crispy 5 spice duck” slaai  met peer, heuning en geroostered saad.  

 

Nog ‘n dekadente dis is die Imhoff Camebert Fritter (“Sesame crusted deep fried with Apple Jelly and melba toast”).  Dit is nou as jy die voorgereg, hoofgereg en nagereg roete wil gaan.  Blykbaar is die gewildste hoofgereg die “Sea Food Pan”, ‘n seegeregfees met garnale, vis, calamari en wasabi mayonnaise vir ‘n skrale R120.

 

As jy ‘n pizza eter is kan jy baie lank hier kuier. Met ‘n ongelooflike versameling  van 21 pizzas  sal jy verseker ‘n paar vind om wat jou smaak sa bevredig. Ek vind myne – die bobotie pizza met chutney. So ontdek die ander by ons tafel dit ook en voordat ek sien is my hele pizza verorber!

 

Hierdie is ook die plek om te kom vir lekker soetgoed eet.  As jy op dieet is en nog kan nee sê vir die crème brulee of die Pavlova of die Three Chocolate brazil nut brownies, dan gaan jy nie by die koeke verby kom nie. Dit wag vir jou voor by die ingang en glo my – ek het die hele ete gefantaseer oor die kaaskoek – en dit was net so lekker soos die fantasie!

 

Dalk is jy gelukkig en slaag jy daarin om die kinders te laat konsentreer op eet en nie speel nie. Gelukkig is die kinderkos net soveel pret. ‘n Organiese slaai, met Italiaanse pasta en frikadelle kan hulle dalk aan die eet kry. En as hulle dalk nog vol nonsense is – dan sal die “Banana, caramel, Marshmellow & Icecream pizza (ja, jy het reg gelees) hulle verseker oortuig. Onthou hierdie is ‘n ideal kinderpartytjieplek en vir net R 50 kry jou jonge gaste pizza, cupcake, lekkers en tjips – en lekker  speel.

 

Kontak:

info@bluewatercafe.co.za

Tel 021 783 2007
www.bluewatercafe.co.za


- Monique Strydom