Blow Fish
As jy die pragtige reataurant binnestap weet jy sommer hier gaan jy lekker kuier. Die uitsig oor die see is spesiaal, maar nog meer spesiaal is Tafelberg wat oor jou uittroon en dit voel of jy net jou hand kan uitsteek en aan hom raak. Bietjie later in die aand lig hulle die sonskerms en kan jy die volle glorie van die sonsondergang geniet. Geen wonder hierdie restaurant is so gewild vir troues en allerhande ander funksies nie.
Ons is hartlik ontvang deur Simon, die bestuurder aan diens, en die kelner Ray wat ons die aand behoorlik op die hande gedra het. Dit was van meet af aan duidelik dat diens hier die wagwoord is en dat dit vir hulle belangrik is dat elkeen ‘n onvergeetlike ervaring moet he.
Daar is ‘n omvattende spyskaart, maar wat die restaurant so anders maak is dat jy by ‘n spesiale toonbak kan gaan bestel presies wat jy wil he. Dit is nou vis, vleis, prawns ens. Dit word ten toon gestel en jy kies hoeveel en waarvan en jy stel vas hoe jou bord kos gaan lyk. Ons het onder andere van die sammon, tiger prawns, tuna en blue nose probeer. Die een so lekker soos die ander.
Simon verduidelik dat hulle uitstekende verhoudinge het met hulle verskaffers en dat hulle sommer direk na Houtbaai gaan en die vis vars van die vistreilers aankoop. Hulle sushi chef het al 15jr ondervinding en dit is duidelik uitdie sushi wat hy voorsit.
Mens verwag dat dit baie duur sal wees, maar ek was aangenaam verras met die pryse. Voorgeregte is so rondom R45.00, Sop en slaaie rondom R40.00. ‘n Hoofgereg sal jou so ‘n gemiddeld van R99 kos en nagereg rondom R35.00
Alhoewel hulle spesialiseer in seekos het hulle ook heerlike vleisgeregte, en ‘n Asian Selection. Die dis wat jy moet probeer is hulle gewilde Seafood Espatada teen R145.00
Daar is voortdurende spesiale aanbiedinge soos bv Sushi soveel as jy kan eet @ R145 op Sondagaande en Woensdae is alle sushi 50% goedkkoper.
Hulle bedien ook ‘n a la carte ontbyt in die week en oor naweke ‘n buffet ontbyt.
Hulle bedien natuurlik ook die bekende Dolpyn Beach Hotel.
Ook goed om te weet is dat die wynkelder met sy unieke atmosfeer beskikbaar is vir fuksies en ook dat daar sushi klasse aangebied word – bespreking is noodsaaklik.
Nog ‘n pluimpie vir Blow Fish is dat hulle moeite doen om te hersirkuleer en dat hulle voortdurend besig is om die restaurant “groen” te maak en hou.
Hierdie restaurant is voorwaar ‘n besoek werd.
Tel: 021 556 5464
1 Marine Drive
Dolphin Beach
Blouberg
- Ingrid Venter
In : Seekos
