Bamboo Restaurant

Die Bamboo restaurant is by uitstek ‘n kuierplek. Die dekor is gesellig, maak nie saak of jy kies om binne of buite te sit nie. Binne is gerieflike sitplek, mat ‘n groot kaggel vir die koue dae. Buite egter, word jy deel van die omgewing van die pragtige kwekery waarbinne die Bamboo Restaurant gelee is. Die kinders
Die personeel het ons vriendelik ontvang en goeie aanbevelings gemaak. Dit was baie welkom omdat die spyskaart ‘n baie groot verskeidenheid geregte bevat. Daar is letterlik iets vir elke smaak en te veel om hier te noem. Ons het onder andere heerlike calamari gehad en ook die seafood platter. Ons was oorweldig deur die porsies en moes daarvan huis toe neem – selfs dit was pragtig verpak. Die geregte is baie bekostigbaar.
Gedurende die week
Bamboo maak ook lieflike platters op aanvraag met persoonlike aandag aan detail. Die kinderspyskaart bide genoeg verskeidenheid sodat die kleingoed net so lekker
Wanneer jy dus weer wil gaan uiteet sonder om “op te dress” en sommer ook jou kwekery inkopies wil gaan doen, of sommer net ronddrentel tussen die pragtige plante en ander klein winkeltjies, gaan maak gerus ‘n draai by Bamboo Restaurant.Geniet ‘n heerlike middagete of sommer net ‘n lekker koppie koffie met ‘n stewige stuk koek – waarvan daar baie is om te kies.
Lindie en haar span sal jou verseker op die hande dra!
Bamboo Restaurant, Cape Garden Centre, Joostenbergvlakte
Tel: 021 9877455
- Ingrid Venter
In : Familie
