Arnold's

Wanneer jy die eerste keer by Arnolds gaan eet is die kans goed dat jy iets gaan eet wat jy nog nooit vantevore geeet of gedink het jy sal eet nie.
Onder die afdeling “Taste on the Wild Side” kry jy geregte soos:
Springbok Shank
Grilled Warthog Ribs
Crockodile Ribs
Gemsbok Sirloin
Volstruis Fillet
Of n baie amper oordadige Game platter met n verskeidenheid van 4 van die bogenoemde. Arnold is bekend vir sy wildsvleisgeregte en dit word heerlik voorberei en net so mooi voorgesit. Die porsies is groot en die pryse baie billik. Jy gaan ook daar heerlike pasta- geregte kry en ander meer tradisionele geregte. Hou die bord in die restaurant dop vir hulle spesiale aanbiedinge wat gereeldwissel.
Ontbyt geniet ook prioriteit op hulle spyskaart en daar is n groot verskeidenheid om van te kies.Deur die dag kan jy ook heerlike toebroodjies en ligte etes en slaaie bestel.
Hulle bied ook elke dag van 18h30 tot 19h00 n burgerspecial aan waar jy jou burger kan kry teen R25.00. Hulle is veral trots op hulle volstruis burgers. Dan is daar ook happy hour tussen 16h30 en 18h30 met skemerkelkies teen R25.00 elk.
Arnolds is gelee in Kloofstraat met n heerlike informele gevoel gedurende die dag met genoeg sitplek ook op die stoep. Saans word die swart tafeldoeke uitehaal en die kerse aangesteek om die restaurant n heel nuwe gevoel te gee.
As jy iemand bietjie wil bederf of n nuwe “eet ervaring” soek, dan is dit beslis die plek om te besoek. Jy voel welkom van die oomblik wat jy ontvang word. Die personeel is vriendelik en effektief. Dit is beslis n plek wat ons weer gaan sien.
Arnolds
50 Kloofstraat
Cape Town
021 4244344
In : Afrika
