Aqua Restaurant
Met die wit, seegroen en blou dekor is die gevoel die van die oseaan en al sy beloftes. Aqua, voorheen bekend as The Tank, is splinternuut oorgedoen. Dit is stylvol en die ambiance is die van rustigheid.
Dit is nou net waar mens die fout mag maak, want die restaurant is slim gebou, met ‘n kuierarea waar daar oor naweke kustenaars optree en jy net lekker kan sit en ietsie drink en dalk ietsie ligs eet. Jy kan binne sit en jou verkyk aan die reuse vistenk met sy baie kleurvolle visse of jy kan buite in die binnehof jou tuismaak.As jy na die restaurant area beweeg, luister jy na rustige musiek en is die dekor, steeds in dieselfde kleurskema, meer formeel.
Ons word ontvang deur die bestuurder, Darius en die kelner Florian.. Florian is nou 3 jaar in Suid Afrika vanaf Duitsland en studeer hier. Hy het verlief geraak op die land toe hy vir 9 mande met gestremdes in Hermanus gewerk het. Hy is vriendelik en baie knap in sy werk.
Ons word iets te drinke aangebied en daar is ‘n groot verskeidenheid om uit te kies. Daar is ‘n interessante skemerkelkie spyskaart wat dit moeilik maak om te kies. Ons drankies lyk net so lekker as wat dit smaak.
Aqua se spesialiteit is sushi en seekos en dit is ook presies wat ons gehad het. Die sushi sjef , Terry, is jonk,maar het sy kuns in Hong Kong gaan leer en is ‘n meester op sy gebied. Ons vra vir ‘n platter met ‘n lekker verskeidenheid. Dit was nie net mooi nie, maar baie smaaklik en genoeg vir almal – eintlik te veel.
Hier kan jy ook kies uit sammon, tuna, crab, prawn, vegetaries of eel in jou sushi. Met so een loer na die eel indie groot vistenk het party van ons gaste besluit om te proe en ander het glad nie kans gesien nie. Jy moet maar self gaan uitvind. Terry maak ook spesialiteit sushi soos bv sy Golden Roses en nog ‘n paar ander skeppings.
Sommige aande beweeg die kelner ook rond met ‘n bord waarop die sushi en skulpvis op uitstalling is sodat jy jou bestelling van dit af kan maak. Van ons gaste het kans gesien vir ‘n seafoodplatter terwyl die dames reguit oorgeskakel het na die nagereg. Die restaurant het ‘n griekse eienaar, en daarom was Baklava op die spyskaart en het ons dit bestel – en glo my, ons was nie spyt nie.
Hulle is elke dag oop van 12h tot laat. Van Maandae tot Vrydae is sushi halfprys tussen 10h00 en 17hoo. Aqua is ‘n restaurant wat beslis ‘n besoek werd is. Die kos is van hoogstaande gehalte, die diens uitstaande en die pryse is bekostigbaar.
Kry hulle by Cape Quarter, de Waterkant str , Kaapstad.
Tel: 021 419 0007 en webtuiste is www.aquacaptetown.com
- Ingrid Venter
In : Seekos
