
WAT:
Die beste Turkse eetervaring Suid van die Ewenaar.
WAAR:
Napier Straat , Kaapstad Sentraal
HOOGTEPUNTE:
Waar om te begin?! Wat van reuse skinkbord met bakke en bakke vol mezes om van te kies. Dan ‘n elle lange lys van dekadente hoofgeregte gevolg deur nog ‘n skinbord vol van nageregte keuses.
KYK UIT VIR:
Die verwarring op mense se gesigte soos hulle besluit wat om te kies, en weer besluit en weer besluit! En al die mooie matte – die eienaar was ‘n mat handelaar in Turkye!
WAT JY MOET PROBEER:
Die “Chicken & Walnut Pate” met Turkse “Flatbread”. Vir hoofgereg “Chicken with sour grapes” – daardie hoender repies kombinasie met suur druiwe en swart korrente gaan ‘n smaak ontploffing in jou mond veroorsaak.
PRYSE:
Elke sent die moeite werd. R100 – R150 per persoon (afhangend van hoe Turks jy voel!)
TYE:
Elke aand van 7 uur tot laat
BESPREEK BY:
http://www.anatoli.co.za
Tel : 27 21 419 2501
Luister na ons kuier by Anatoli (Audio Review)