Addis in Cape is 5 jaar gelede begin deur die pragtige stylvolle Senait.  Sy het reeds die baie suksesvolle Addis in Dar en sy het so lief geword vir SA met sy mengelmoes van kulture dat sy besluit het om nog ‘n tak hier te kom oopmaak.

Jy gaan die interessante restaurant kry in nr 41 Kerkstraat waar dit ook uitkyk oor die bekende Longstreet.  Die dekor binne bestaan uit die kultuur van Etihopie – van die interessante ronde tafel tot die klein stoeltjies waarop jy sit –sommer so naby die grond.  Die dak is versier met die allemooiste sambrele en meeste van die kelners kom ook van Ethiopie.  Die dekor is tipies die glorie van ‘n land soos Ethiopie en dit is mooi en stylvol en anders.

Jy word vriendelik ontvang en dan is daar ‘n hele handewas seremonie en ook met goeie rede, want hier word nie eetgerei gedek nie. Die idée is juis dat jy met jou hande eet. Jy kry ook ‘n heerlike glasie tradisionele heuningwyn om te drink

Die voorgereg bestaan uit ‘n Katenga – ‘n soort bros , dun pannekoek gemaak van rysmeel. Daarmee saam kry jy doopsouse soos hummus genoem deur hulle Misir wot  Jy maak jou keuses van die spyskaart. Hoofgereg bestaan uit ‘n groot Injera – sagte ryspannekoek met sy vulsels. Die vulsels word sommer so uit hulle bakkies gedop op jou Injera. Dan kry jy dieselfde Injera, maar opgerol amper soos ‘n rolletjie verband en so skeur jy stukkies af en eet die vulsel smaaklik daarmee.  En glo my dit is smaaklik.
Ons het gehad – onder andere – Doro Alichia wot [hoener], Key sega wot [beef] Yebeg Alichia wot [lam]  Prawns en dan ook nog ‘n paar vegetariese vulsels.

Die woord Wot beteken sous en die woord Alichia beteken non- spicy
Die kos is armaties en baie smaaklik
Volgens Senait eet die mense in Etihopie nie eintlik nagereg nie, maar hier kan jy wel kies uit bessies met roomys of die allerheerlikste baklava.

Ten slotte kan jy vra vir die koffie seremonie. Koffie kom oorspronklik uit Etihopie.
Daar word koffie sommer heeldag en aldag gedrink.
Ons kelner Belay, ook van Ethiopie het ons bedien met die verkorte weergawe van die sermonie.
Tydens die sermonie word die bone gemaal, die water gekook en word jy so bedien. Ook op die pragtige tradisionele skinkbord kry jy wierook en popcorn – hier is geen melk of suiker nie.  Die koffie is sterk, maar lekker en baie aromaties. Dit was ‘n ware belewenis.

Dit is ‘n lekker kuierplek veral as jy ‘n geleentheid wil vier of dalk jouself sommer net wil bederf.  Pryse is billik met hoofgeregte in die omgewing van R90.00
Ure – Maandag tot Saterdag tydens middagete en dan weer saans vanaf 5.30

Gaan Ervaar ietsie van die glorie van Ethiopie sommer net hier om die draai. Jy gaan Aangenaam verras word.

- Ingrid Venter